GALATIANS
Chapter 5
Gala | Afr1953 | 5:1 | Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. | |
Gala | Afr1953 | 5:2 | Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. | |
Gala | Afr1953 | 5:3 | En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. | |
Gala | Afr1953 | 5:4 | Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. | |
Gala | Afr1953 | 5:6 | Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. | |
Gala | Afr1953 | 5:10 | Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees. | |
Gala | Afr1953 | 5:11 | Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig! | |
Gala | Afr1953 | 5:13 | Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. | |
Gala | Afr1953 | 5:14 | Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. | |
Gala | Afr1953 | 5:15 | Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie. | |
Gala | Afr1953 | 5:16 | Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; | |
Gala | Afr1953 | 5:17 | want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. | |
Gala | Afr1953 | 5:19 | En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; | |
Gala | Afr1953 | 5:20 | afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; | |
Gala | Afr1953 | 5:21 | afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. | |
Gala | Afr1953 | 5:22 | Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. | |
Gala | Afr1953 | 5:24 | Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. | |