Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PHILEMON
Up
1
Toggle notes
Chapter 1
Phil Afr1953 1:1  Paulus, 'n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons medearbeider,
Phil Afr1953 1:2  en aan Appia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is:
Phil Afr1953 1:3  Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Phil Afr1953 1:4  Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,
Phil Afr1953 1:5  omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,
Phil Afr1953 1:6  dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.
Phil Afr1953 1:7  Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.
Phil Afr1953 1:8  Daarom, al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,
Phil Afr1953 1:9  pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as 'n ou man en nou ook 'n gevangene van Jesus Christus,
Phil Afr1953 1:10  pleit by jou vir my kind, Onésimus, wat ek verwek het in my boeie,
Phil Afr1953 1:11  wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;
Phil Afr1953 1:13  Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.
Phil Afr1953 1:14  Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
Phil Afr1953 1:15  Want miskien is hy om hierdie rede 'n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit,
Phil Afr1953 1:16  nie meer as 'n slaaf nie, maar méér as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.
Phil Afr1953 1:17  As jy my dan vir 'n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.
Phil Afr1953 1:18  En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op my rekening —
Phil Afr1953 1:19  ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal — om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.
Phil Afr1953 1:20  Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here! Verkwik my hart in die Here.
Phil Afr1953 1:21  In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.
Phil Afr1953 1:22  En berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ek op julle gebede aan julle sal geskenk word.
Phil Afr1953 1:23  Épafras, my medegevangene in Christus Jesus, groet jou;
Phil Afr1953 1:24  ook Markus, Aristárchus, Demas en Lukas, my mede-arbeiders.
Phil Afr1953 1:25  Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.