Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JAMES
1 2 3 4 5
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 2
Jame Afr1953 2:1  My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
Jame Afr1953 2:2  Want as daar in julle vergadering 'n man inkom met goue ringe aan die vingers, met 'n pragtige kleed aan, en daar kom ook 'n arm man in met vuil klere aan;
Jame Afr1953 2:3  en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —
Jame Afr1953 2:4  het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
Jame Afr1953 2:5  Luister, my geliefde broeders — het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?
Jame Afr1953 2:6  Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?
Jame Afr1953 2:7  Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?
Jame Afr1953 2:8  As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.
Jame Afr1953 2:9  Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.
Jame Afr1953 2:10  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
Jame Afr1953 2:11  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.
Jame Afr1953 2:12  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
Jame Afr1953 2:13  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
Jame Afr1953 2:14  Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?
Jame Afr1953 2:15  As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
Jame Afr1953 2:16  en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit?
Jame Afr1953 2:17  Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
Jame Afr1953 2:18  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
Jame Afr1953 2:19  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
Jame Afr1953 2:20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
Jame Afr1953 2:21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
Jame Afr1953 2:22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
Jame Afr1953 2:23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem.
Jame Afr1953 2:24  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
Jame Afr1953 2:25  En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?
Jame Afr1953 2:26  Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.