I THESSALONIANS
Chapter 5
I Th | Afr1953 | 5:1 | Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; | |
I Th | Afr1953 | 5:2 | want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. | |
I Th | Afr1953 | 5:3 | Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. | |
I Th | Afr1953 | 5:4 | Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie. | |
I Th | Afr1953 | 5:5 | Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. | |
I Th | Afr1953 | 5:8 | Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. | |
I Th | Afr1953 | 5:9 | Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus | |
I Th | Afr1953 | 5:10 | wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. | |
I Th | Afr1953 | 5:12 | Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; | |
I Th | Afr1953 | 5:13 | en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. | |
I Th | Afr1953 | 5:14 | En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. | |
I Th | Afr1953 | 5:15 | Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. | |
I Th | Afr1953 | 5:23 | En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! | |
I Th | Afr1953 | 5:27 | Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word. | |