DEUTERONOMY
Chapter 33
Deut | Afr1953 | 33:1 | En dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood. | |
Deut | Afr1953 | 33:2 | En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle. | |
Deut | Afr1953 | 33:3 | Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges — hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake. | |
Deut | Afr1953 | 33:5 | En Hy het Koning geword in Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam. | |
Deut | Afr1953 | 33:7 | En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor, HERE, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom 'n hulp teenoor sy teëstanders. | |
Deut | Afr1953 | 33:8 | En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba; | |
Deut | Afr1953 | 33:9 | wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou. | |
Deut | Afr1953 | 33:10 | Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; hulle sal reukwerk voor U neerlê en 'n voloffer op u altaar. | |
Deut | Afr1953 | 33:11 | Seën, HERE, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie. | |
Deut | Afr1953 | 33:12 | Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE — hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange. | |
Deut | Afr1953 | 33:13 | En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê, | |
Deut | Afr1953 | 33:14 | en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane | |
Deut | Afr1953 | 33:15 | en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels | |
Deut | Afr1953 | 33:16 | en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Hom wat in die doringbos gewoon het — laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers. | |
Deut | Afr1953 | 33:17 | Sy eersgebore stier — heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tien duisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse! | |
Deut | Afr1953 | 33:18 | En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente. | |
Deut | Afr1953 | 33:19 | Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand. | |
Deut | Afr1953 | 33:20 | En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos 'n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel. | |
Deut | Afr1953 | 33:21 | En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel. | |
Deut | Afr1953 | 33:23 | En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van geluk en vol van die seën van die HERE — neem jy see en suidland in besit! | |
Deut | Afr1953 | 33:24 | En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek. | |
Deut | Afr1953 | 33:26 | Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid. | |
Deut | Afr1953 | 33:27 | Die ewige God is 'n woning, en onder — ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg! | |
Deut | Afr1953 | 33:28 | So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in 'n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup. | |