Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LUKE
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 15
Luke Afr1953 15:1  En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.
Luke Afr1953 15:2  En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
Luke Afr1953 15:3  Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê:
Luke Afr1953 15:4  Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?
Luke Afr1953 15:5  En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.
Luke Afr1953 15:6  En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
Luke Afr1953 15:7  Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
Luke Afr1953 15:8  Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
Luke Afr1953 15:9  En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.
Luke Afr1953 15:10  So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.
Luke Afr1953 15:12  En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
Luke Afr1953 15:13  En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
Luke Afr1953 15:14  En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
Luke Afr1953 15:15  Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.
Luke Afr1953 15:16  En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
Luke Afr1953 15:17  Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
Luke Afr1953 15:18  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
Luke Afr1953 15:19  en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
Luke Afr1953 15:20  En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
Luke Afr1953 15:21  En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
Luke Afr1953 15:22  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
Luke Afr1953 15:23  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.
Luke Afr1953 15:24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
Luke Afr1953 15:25  En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.
Luke Afr1953 15:26  En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.
Luke Afr1953 15:27  Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.
Luke Afr1953 15:28  En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
Luke Afr1953 15:29  Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
Luke Afr1953 15:30  Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
Luke Afr1953 15:31  Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.
Luke Afr1953 15:32  Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.