LUKE
Chapter 18
Luke | Afr1953 | 18:1 | En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie, | |
Luke | Afr1953 | 18:2 | en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. | |
Luke | Afr1953 | 18:3 | En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. | |
Luke | Afr1953 | 18:4 | En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, | |
Luke | Afr1953 | 18:5 | tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. | |
Luke | Afr1953 | 18:7 | Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? | |
Luke | Afr1953 | 18:8 | Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? | |
Luke | Afr1953 | 18:9 | En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel. | |
Luke | Afr1953 | 18:10 | Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar. | |
Luke | Afr1953 | 18:11 | En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. | |
Luke | Afr1953 | 18:13 | En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! | |
Luke | Afr1953 | 18:14 | Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word. | |
Luke | Afr1953 | 18:15 | En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf. | |
Luke | Afr1953 | 18:16 | Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. | |
Luke | Afr1953 | 18:17 | Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. | |
Luke | Afr1953 | 18:18 | En 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? | |
Luke | Afr1953 | 18:19 | En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God. | |
Luke | Afr1953 | 18:20 | Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder. | |
Luke | Afr1953 | 18:22 | En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. | |
Luke | Afr1953 | 18:24 | En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan. | |
Luke | Afr1953 | 18:25 | Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. | |
Luke | Afr1953 | 18:29 | En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, | |
Luke | Afr1953 | 18:30 | wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom. | |
Luke | Afr1953 | 18:31 | En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word. | |
Luke | Afr1953 | 18:32 | Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word; | |
Luke | Afr1953 | 18:33 | en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan. | |
Luke | Afr1953 | 18:34 | Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie. | |
Luke | Afr1953 | 18:39 | En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig! | |
Luke | Afr1953 | 18:40 | En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom | |
Luke | Afr1953 | 18:41 | en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien. | |