Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LUKE
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Luke Afr1953 3:1  En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,
Luke Afr1953 3:2  tydens die hoëpriesterskap van Annas en Kájafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagaría, in die woestyn.
Luke Afr1953 3:3  En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;
Luke Afr1953 3:4  soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.
Luke Afr1953 3:5  Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.
Luke Afr1953 3:7  Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
Luke Afr1953 3:8  Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.
Luke Afr1953 3:9  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Luke Afr1953 3:10  En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?
Luke Afr1953 3:11  En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
Luke Afr1953 3:12  En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
Luke Afr1953 3:13  En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.
Luke Afr1953 3:14  En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.
Luke Afr1953 3:15  En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,
Luke Afr1953 3:16  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Luke Afr1953 3:17  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.
Luke Afr1953 3:18  Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.
Luke Afr1953 3:19  Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,
Luke Afr1953 3:20  het hy by alles nog dit gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.
Luke Afr1953 3:21  En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;
Luke Afr1953 3:22  en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.
Luke Afr1953 3:23  En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,
Luke Afr1953 3:24  die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,
Luke Afr1953 3:25  die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai,
Luke Afr1953 3:26  die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda,
Luke Afr1953 3:27  die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja,
Luke Afr1953 3:28  die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er,
Luke Afr1953 3:29  die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,
Luke Afr1953 3:30  die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim,
Luke Afr1953 3:31  die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,
Luke Afr1953 3:32  die seun van Isai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,
Luke Afr1953 3:33  die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,
Luke Afr1953 3:34  die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor,
Luke Afr1953 3:35  die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,
Luke Afr1953 3:36  die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,
Luke Afr1953 3:37  die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan,
Luke Afr1953 3:38  die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.