PHILIPPIANS
Chapter 2
Phil | Afr1953 | 2:1 | As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, | |
Phil | Afr1953 | 2:2 | maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. | |
Phil | Afr1953 | 2:3 | Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. | |
Phil | Afr1953 | 2:4 | Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n. | |
Phil | Afr1953 | 2:6 | Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, | |
Phil | Afr1953 | 2:7 | maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; | |
Phil | Afr1953 | 2:8 | en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. | |
Phil | Afr1953 | 2:10 | sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, | |
Phil | Afr1953 | 2:11 | en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. | |
Phil | Afr1953 | 2:12 | Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; | |
Phil | Afr1953 | 2:15 | sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, | |
Phil | Afr1953 | 2:16 | deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie. | |
Phil | Afr1953 | 2:17 | Maar al word ek as 'n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal; | |
Phil | Afr1953 | 2:19 | En ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het. | |
Phil | Afr1953 | 2:20 | Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie; | |
Phil | Afr1953 | 2:22 | Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het. | |
Phil | Afr1953 | 2:25 | Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur, | |
Phil | Afr1953 | 2:26 | want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was. | |
Phil | Afr1953 | 2:27 | Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie. | |
Phil | Afr1953 | 2:28 | Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees. | |