Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ACTS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 23
Acts Afr1953 23:1  En Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met 'n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.
Acts Afr1953 23:2  Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.
Acts Afr1953 23:3  Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?
Acts Afr1953 23:4  En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?
Acts Afr1953 23:5  Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van 'n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.
Acts Afr1953 23:6  En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.
Acts Afr1953 23:7  En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.
Acts Afr1953 23:8  Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.
Acts Afr1953 23:9  Toe was daar 'n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as 'n gees met hom gespreek het, of 'n engel, laat ons nie teen God stry nie.
Acts Afr1953 23:10  En toe daar 'n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.
Acts Afr1953 23:11  En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.
Acts Afr1953 23:12  En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.
Acts Afr1953 23:13  En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.
Acts Afr1953 23:14  Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.
Acts Afr1953 23:15  Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.
Acts Afr1953 23:16  Maar die seun van Paulus se suster het van die hinderlaag gehoor, en hy het gekom en in die kamp gegaan en dit aan Paulus vertel.
Acts Afr1953 23:17  En Paulus het een van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Bring hierdie jongman by die owerste oor duisend, want hy het iets om aan hom te vertel.
Acts Afr1953 23:18  Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.
Acts Afr1953 23:19  Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?
Acts Afr1953 23:20  En hy sê: Die Jode het ooreengekom om u te versoek om Paulus môre af te bring na die Raad asof hulle iets noukeurigers omtrent hom wil verneem.
Acts Afr1953 23:21  Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer as veertig man van hulle lê hom voor wat hulleself vervloek het om nie te eet of te drink totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u toestemming.
Acts Afr1953 23:22  En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.
Acts Afr1953 23:23  En hy het twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou twee honderd soldate gereed om na Cesaréa te gaan, en sewentig ruiters en twee honderd lig gewapende manne, teen die derde uur van die nag.
Acts Afr1953 23:24  En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix, die goewerneur, oorbring.
Acts Afr1953 23:25  En hy het 'n brief geskrywe met ongeveer hierdie inhoud:
Acts Afr1953 23:26  Claudius Lísias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete!
Acts Afr1953 23:27  Toe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met die soldate bygekom en hom gered, omdat ek verneem het dat hy 'n Romein is.
Acts Afr1953 23:28  Maar omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring
Acts Afr1953 23:29  en uitgevind dat hy beskuldig word oor twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van iets wat die dood of boeie verdien nie.
Acts Afr1953 23:30  En omdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode 'n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!
Acts Afr1953 23:31  En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antípatris gebring.
Acts Afr1953 23:32  En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.
Acts Afr1953 23:33  En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.
Acts Afr1953 23:34  En die goewerneur het die brief gelees en gevra uit watter provinsie hy was; en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,
Acts Afr1953 23:35  sê hy: Ek sal jou in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.