Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ACTS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 8
Acts Afr1953 8:1  En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.
Acts Afr1953 8:2  En godvresende manne het Stéfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.
Acts Afr1953 8:3  Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.
Acts Afr1953 8:4  En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.
Acts Afr1953 8:5  En Filippus het afgekom in 'n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
Acts Afr1953 8:6  En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
Acts Afr1953 8:7  Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Acts Afr1953 8:9  En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
Acts Afr1953 8:10  En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
Acts Afr1953 8:11  En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
Acts Afr1953 8:12  Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
Acts Afr1953 8:13  En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
Acts Afr1953 8:14  En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Acts Afr1953 8:15  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
Acts Afr1953 8:16  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Acts Afr1953 8:17  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Acts Afr1953 8:18  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
Acts Afr1953 8:19  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
Acts Afr1953 8:20  Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
Acts Afr1953 8:21  Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
Acts Afr1953 8:22  Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
Acts Afr1953 8:23  Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
Acts Afr1953 8:24  Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.
Acts Afr1953 8:25  Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.
Acts Afr1953 8:26  En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
Acts Afr1953 8:27  Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.
Acts Afr1953 8:28  En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.
Acts Afr1953 8:29  Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
Acts Afr1953 8:30  En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
Acts Afr1953 8:31  En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.
Acts Afr1953 8:32  En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
Acts Afr1953 8:33  In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
Acts Afr1953 8:34  En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?
Acts Afr1953 8:35  En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Acts Afr1953 8:36  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
Acts Afr1953 8:37  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
Acts Afr1953 8:38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
Acts Afr1953 8:39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
Acts Afr1953 8:40  Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.