Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LEVITICUS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 8
Levi Afr1953 8:1  Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Levi Afr1953 8:2  Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
Levi Afr1953 8:3  en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
Levi Afr1953 8:4  En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
Levi Afr1953 8:5  Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die HERE beveel het om te doen.
Levi Afr1953 8:6  En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.
Levi Afr1953 8:7  Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
Levi Afr1953 8:8  Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.
Levi Afr1953 8:9  En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
Levi Afr1953 8:10  Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.
Levi Afr1953 8:11  En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
Levi Afr1953 8:12  Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
Levi Afr1953 8:13  Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die HERE Moses beveel het.
Levi Afr1953 8:14  Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
Levi Afr1953 8:15  En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.
Levi Afr1953 8:16  Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
Levi Afr1953 8:17  Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die HERE Moses beveel het.
Levi Afr1953 8:18  Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
Levi Afr1953 8:19  En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
Levi Afr1953 8:20  Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
Levi Afr1953 8:21  maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
Levi Afr1953 8:22  Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
Levi Afr1953 8:23  En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
Levi Afr1953 8:24  Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
Levi Afr1953 8:25  En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
Levi Afr1953 8:26  Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
Levi Afr1953 8:27  en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Levi Afr1953 8:28  Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Levi Afr1953 8:29  Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.
Levi Afr1953 8:30  Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.
Levi Afr1953 8:31  Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.
Levi Afr1953 8:32  Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
Levi Afr1953 8:33  Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.
Levi Afr1953 8:34  Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.
Levi Afr1953 8:35  Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
Levi Afr1953 8:36  En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE deur die diens van Moses beveel het.