Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
GENESIS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 26
Gene Afr1953 26:1  En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
Gene Afr1953 26:2  En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys.
Gene Afr1953 26:3  Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.
Gene Afr1953 26:4  En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
Gene Afr1953 26:5  omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
Gene Afr1953 26:7  En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou — anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
Gene Afr1953 26:8  En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.
Gene Afr1953 26:9  En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
Gene Afr1953 26:10  En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy 'n skuld oor ons gebring het!
Gene Afr1953 26:11  Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.
Gene Afr1953 26:12  Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.
Gene Afr1953 26:13  En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:
Gene Afr1953 26:14  hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.
Gene Afr1953 26:15  En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.
Gene Afr1953 26:16  Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.
Gene Afr1953 26:17  Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon.
Gene Afr1953 26:18  En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.
Gene Afr1953 26:19  En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water.
Gene Afr1953 26:20  En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
Gene Afr1953 26:21  Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
Gene Afr1953 26:22  Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.
Gene Afr1953 26:24  En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
Gene Afr1953 26:25  Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.
Gene Afr1953 26:26  Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.
Gene Afr1953 26:27  En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?
Gene Afr1953 26:28  Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit:
Gene Afr1953 26:29  jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
Gene Afr1953 26:30  Toe berei hy vir hulle 'n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.
Gene Afr1953 26:31  En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.
Gene Afr1953 26:32  Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.
Gene Afr1953 26:33  En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.
Gene Afr1953 26:34  Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.
Gene Afr1953 26:35  En hulle was vir Isak en Rebekka 'n bitter verdriet.