GENESIS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
Chapter 25
Gene | Afr1953 | 25:3 | En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete. | |
Gene | Afr1953 | 25:4 | En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra. | |
Gene | Afr1953 | 25:6 | maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland. | |
Gene | Afr1953 | 25:7 | En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar. | |
Gene | Afr1953 | 25:8 | Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel. | |
Gene | Afr1953 | 25:9 | En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê, | |
Gene | Afr1953 | 25:10 | die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara. | |
Gene | Afr1953 | 25:11 | Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï. | |
Gene | Afr1953 | 25:12 | En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het — | |
Gene | Afr1953 | 25:13 | dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam | |
Gene | Afr1953 | 25:16 | Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme. | |
Gene | Afr1953 | 25:17 | En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote. | |
Gene | Afr1953 | 25:18 | En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig. | |
Gene | Afr1953 | 25:19 | En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak. | |
Gene | Afr1953 | 25:20 | En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. | |
Gene | Afr1953 | 25:21 | En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. | |
Gene | Afr1953 | 25:22 | En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. | |
Gene | Afr1953 | 25:23 | En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. | |
Gene | Afr1953 | 25:25 | En die eerste is gebore — rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem. | |
Gene | Afr1953 | 25:26 | En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. | |
Gene | Afr1953 | 25:27 | En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het. | |
Gene | Afr1953 | 25:28 | En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. | |
Gene | Afr1953 | 25:30 | Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. | |
Gene | Afr1953 | 25:33 | Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. | |