GENESIS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
Chapter 5
Gene | Afr1953 | 5:1 | Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. | |
Gene | Afr1953 | 5:2 | Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is. | |
Gene | Afr1953 | 5:3 | Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem. | |
Gene | Afr1953 | 5:4 | En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:5 | So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe. | |
Gene | Afr1953 | 5:7 | En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:10 | En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:13 | En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:16 | En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:17 | So was dan al die dae van Mahalálel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe. | |
Gene | Afr1953 | 5:19 | En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:20 | So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe. | |
Gene | Afr1953 | 5:22 | En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:24 | En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem. | |
Gene | Afr1953 | 5:25 | Toe Metúsalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword. | |
Gene | Afr1953 | 5:26 | En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:27 | So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe. | |
Gene | Afr1953 | 5:29 | en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het. | |
Gene | Afr1953 | 5:30 | En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. | |
Gene | Afr1953 | 5:31 | So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe. | |