Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 25
Job Afr1953 25:1  Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
Job Afr1953 25:2  Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.
Job Afr1953 25:3  Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?
Job Afr1953 25:4  Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
Job Afr1953 25:5  Kyk, selfs die maan — hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
Job Afr1953 25:6  Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.