Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 35
Job Afr1953 35:2  Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,
Job Afr1953 35:3  dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
Job Afr1953 35:4  Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.
Job Afr1953 35:5  Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
Job Afr1953 35:6  As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?
Job Afr1953 35:7  As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
Job Afr1953 35:8  U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.
Job Afr1953 35:9  Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.
Job Afr1953 35:10  Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,
Job Afr1953 35:11  wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?
Job Afr1953 35:12  Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.
Job Afr1953 35:13  Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
Job Afr1953 35:14  Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
Job Afr1953 35:15  Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,
Job Afr1953 35:16  maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.