Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 41
Job Afr1953 41:1  Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?
Job Afr1953 41:2  Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.
Job Afr1953 41:3  Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
Job Afr1953 41:4  Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit — wie kan daarin deurdring?
Job Afr1953 41:5  Die deure van sy gesig — wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.
Job Afr1953 41:6  'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.
Job Afr1953 41:7  Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.
Job Afr1953 41:8  Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
Job Afr1953 41:9  Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.
Job Afr1953 41:11  Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.
Job Afr1953 41:12  Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.
Job Afr1953 41:13  In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.
Job Afr1953 41:14  Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.
Job Afr1953 41:15  Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.
Job Afr1953 41:16  As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
Job Afr1953 41:17  Raak iemand hom met die swaard — dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
Job Afr1953 41:18  Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
Job Afr1953 41:19  Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
Job Afr1953 41:20  Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.
Job Afr1953 41:21  Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder.
Job Afr1953 41:22  Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot.
Job Afr1953 41:23  Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.
Job Afr1953 41:24  Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.
Job Afr1953 41:25  Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.