Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 22
Job Afr1953 22:1  Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
Job Afr1953 22:2  Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.
Job Afr1953 22:3  Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?
Job Afr1953 22:4  Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?
Job Afr1953 22:5  Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?
Job Afr1953 22:6  Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.
Job Afr1953 22:7  Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.
Job Afr1953 22:8  Maar aan die man van geweld — aan hom behoort die land; en die aansienlike — hy moet daarin woon!
Job Afr1953 22:9  Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.
Job Afr1953 22:10  Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.
Job Afr1953 22:11  Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?
Job Afr1953 22:12  Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
Job Afr1953 22:13  Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?
Job Afr1953 22:14  Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.
Job Afr1953 22:15  Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,
Job Afr1953 22:16  wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,
Job Afr1953 22:17  wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?
Job Afr1953 22:18  En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
Job Afr1953 22:19  Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
Job Afr1953 22:20  Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.
Job Afr1953 22:21  Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.
Job Afr1953 22:22  Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.
Job Afr1953 22:23  As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.
Job Afr1953 22:24  En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.
Job Afr1953 22:25  Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.
Job Afr1953 22:26  Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.
Job Afr1953 22:27  Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.
Job Afr1953 22:28  Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.
Job Afr1953 22:29  As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.
Job Afr1953 22:30  Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.