Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 6
Job Afr1953 6:2  Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!
Job Afr1953 6:3  Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.
Job Afr1953 6:4  Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.
Job Afr1953 6:5  Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?
Job Afr1953 6:6  Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?
Job Afr1953 6:7  My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.
Job Afr1953 6:8  Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!
Job Afr1953 6:9  En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!
Job Afr1953 6:10  Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.
Job Afr1953 6:11  Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?
Job Afr1953 6:12  Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?
Job Afr1953 6:13  Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?
Job Afr1953 6:14  Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
Job Afr1953 6:15  My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,
Job Afr1953 6:16  wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg —
Job Afr1953 6:17  in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.
Job Afr1953 6:18  Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.
Job Afr1953 6:19  Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.
Job Afr1953 6:20  Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.
Job Afr1953 6:21  So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.
Job Afr1953 6:22  Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?
Job Afr1953 6:23  Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?
Job Afr1953 6:24  Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.
Job Afr1953 6:25  Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?
Job Afr1953 6:26  Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!
Job Afr1953 6:27  Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.
Job Afr1953 6:28  Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.
Job Afr1953 6:29  Keer tog terug — laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug — nóg is my geregtigheid daar.
Job Afr1953 6:30  Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?