Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 13
Job Afr1953 13:1  Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
Job Afr1953 13:2  Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
Job Afr1953 13:3  Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
Job Afr1953 13:4  Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
Job Afr1953 13:5  Ag, as julle maar heeltemal sou swyg — dan sou dit vir julle wysheid wees!
Job Afr1953 13:6  Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
Job Afr1953 13:7  Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
Job Afr1953 13:8  Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
Job Afr1953 13:9  Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
Job Afr1953 13:10  Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
Job Afr1953 13:11  Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
Job Afr1953 13:12  Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
Job Afr1953 13:13  Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.
Job Afr1953 13:14  Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
Job Afr1953 13:15  Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
Job Afr1953 13:16  Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
Job Afr1953 13:17  Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
Job Afr1953 13:18  Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
Job Afr1953 13:19  Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
Job Afr1953 13:20  Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
Job Afr1953 13:21  trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
Job Afr1953 13:22  Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
Job Afr1953 13:23  Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
Job Afr1953 13:24  Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
Job Afr1953 13:25  Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
Job Afr1953 13:26  dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
Job Afr1953 13:27  en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
Job Afr1953 13:28  en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.