Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 14
Job Afr1953 14:1  Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
Job Afr1953 14:2  Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.
Job Afr1953 14:3  En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
Job Afr1953 14:4  Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine — nie een nie!
Job Afr1953 14:5  As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
Job Afr1953 14:6  kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus — totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
Job Afr1953 14:7  Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
Job Afr1953 14:8  As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof —
Job Afr1953 14:9  van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.
Job Afr1953 14:10  Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en — waar is hy?
Job Afr1953 14:11  Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog —
Job Afr1953 14:12  so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
Job Afr1953 14:13  Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
Job Afr1953 14:14  As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
Job Afr1953 14:15  U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
Job Afr1953 14:16  Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
Job Afr1953 14:17  My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
Job Afr1953 14:18  Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;
Job Afr1953 14:19  die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens — U maak dit tot niet.
Job Afr1953 14:20  U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
Job Afr1953 14:21  Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
Job Afr1953 14:22  Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.