Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 23
Job Afr1953 23:2  Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.
Job Afr1953 23:3  Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!
Job Afr1953 23:4  Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;
Job Afr1953 23:5  ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.
Job Afr1953 23:6  Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee.
Job Afr1953 23:7  Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.
Job Afr1953 23:8  Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
Job Afr1953 23:9  As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.
Job Afr1953 23:10  Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Job Afr1953 23:11  Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.
Job Afr1953 23:12  Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
Job Afr1953 23:13  Maar Hy bly onveranderlik Een — wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.
Job Afr1953 23:14  Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.
Job Afr1953 23:15  Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.
Job Afr1953 23:16  En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.
Job Afr1953 23:17  Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.