Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 18
Job Afr1953 18:1  Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
Job Afr1953 18:2  Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
Job Afr1953 18:3  Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
Job Afr1953 18:4  Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?
Job Afr1953 18:5  Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
Job Afr1953 18:6  Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
Job Afr1953 18:7  Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
Job Afr1953 18:8  Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.
Job Afr1953 18:9  'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.
Job Afr1953 18:10  'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.
Job Afr1953 18:11  Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
Job Afr1953 18:12  Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
Job Afr1953 18:13  Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
Job Afr1953 18:14  Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
Job Afr1953 18:15  Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
Job Afr1953 18:16  Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
Job Afr1953 18:17  Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
Job Afr1953 18:18  Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
Job Afr1953 18:19  Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
Job Afr1953 18:20  Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
Job Afr1953 18:21  Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.