Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 40
Job Afr1953 40:1  En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
Job Afr1953 40:2  Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
Job Afr1953 40:3  Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
Job Afr1953 40:4  Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
Job Afr1953 40:5  Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
Job Afr1953 40:6  Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
Job Afr1953 40:7  Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
Job Afr1953 40:8  Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
Job Afr1953 40:9  Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
Job Afr1953 40:10  Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
Job Afr1953 40:11  Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
Job Afr1953 40:12  Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
Job Afr1953 40:13  Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
Job Afr1953 40:14  Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
Job Afr1953 40:15  Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
Job Afr1953 40:16  Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
Job Afr1953 40:17  Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
Job Afr1953 40:18  As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
Job Afr1953 40:19  Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
Job Afr1953 40:20  Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
Job Afr1953 40:21  Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
Job Afr1953 40:22  Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
Job Afr1953 40:23  Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
Job Afr1953 40:24  Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?