Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 12
Job Afr1953 12:2  Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
Job Afr1953 12:3  Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
Job Afr1953 12:4  Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het — 'n belagging is die regverdige, die opregte!
Job Afr1953 12:5  Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
Job Afr1953 12:6  Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
Job Afr1953 12:7  Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
Job Afr1953 12:8  of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
Job Afr1953 12:9  Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
Job Afr1953 12:10  In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
Job Afr1953 12:11  Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
Job Afr1953 12:12  By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
Job Afr1953 12:13  By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
Job Afr1953 12:14  Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
Job Afr1953 12:15  Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
Job Afr1953 12:16  By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
Job Afr1953 12:17  Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
Job Afr1953 12:18  Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.
Job Afr1953 12:19  Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.
Job Afr1953 12:20  Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
Job Afr1953 12:21  Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
Job Afr1953 12:22  Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
Job Afr1953 12:23  Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
Job Afr1953 12:24  Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.
Job Afr1953 12:25  Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.