Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 5
Job Afr1953 5:1  Roep maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?
Job Afr1953 5:2  Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
Job Afr1953 5:3  Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.
Job Afr1953 5:4  Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
Job Afr1953 5:5  Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
Job Afr1953 5:6  Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
Job Afr1953 5:7  Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.
Job Afr1953 5:8  Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,
Job Afr1953 5:9  aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
Job Afr1953 5:10  wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
Job Afr1953 5:11  om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
Job Afr1953 5:12  Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
Job Afr1953 5:13  wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
Job Afr1953 5:14  Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
Job Afr1953 5:15  So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
Job Afr1953 5:16  So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
Job Afr1953 5:17  Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Job Afr1953 5:18  Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
Job Afr1953 5:19  In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
Job Afr1953 5:20  In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
Job Afr1953 5:21  As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
Job Afr1953 5:22  Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
Job Afr1953 5:23  Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
Job Afr1953 5:24  En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
Job Afr1953 5:25  Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
Job Afr1953 5:26  Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.
Job Afr1953 5:27  Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.