Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 21
Job Afr1953 21:2  Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
Job Afr1953 21:3  Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
Job Afr1953 21:4  Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
Job Afr1953 21:5  Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
Job Afr1953 21:6  Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
Job Afr1953 21:7  Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
Job Afr1953 21:8  Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
Job Afr1953 21:9  Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
Job Afr1953 21:10  Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
Job Afr1953 21:11  Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
Job Afr1953 21:12  Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
Job Afr1953 21:13  In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
Job Afr1953 21:14  Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
Job Afr1953 21:15  Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
Job Afr1953 21:16  (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
Job Afr1953 21:17  Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
Job Afr1953 21:18  word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
Job Afr1953 21:19  Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
Job Afr1953 21:20  Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
Job Afr1953 21:21  Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
Job Afr1953 21:22  Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
Job Afr1953 21:23  Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
Job Afr1953 21:24  Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
Job Afr1953 21:25  Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
Job Afr1953 21:26  Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
Job Afr1953 21:27  Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
Job Afr1953 21:28  As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose —
Job Afr1953 21:29  het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
Job Afr1953 21:30  dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
Job Afr1953 21:31  Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel — wie sal hom dit vergeld?
Job Afr1953 21:32  Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
Job Afr1953 21:33  Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
Job Afr1953 21:34  Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde — net troubreuk bly oor!