Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 39
Job Afr1953 39:1  Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
Job Afr1953 39:2  as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
Job Afr1953 39:3  Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
Job Afr1953 39:4  Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
Job Afr1953 39:5  Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
Job Afr1953 39:6  Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort — weg is hulle weë!
Job Afr1953 39:7  Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
Job Afr1953 39:8  Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
Job Afr1953 39:9  Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
Job Afr1953 39:10  Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
Job Afr1953 39:11  Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
Job Afr1953 39:12  Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
Job Afr1953 39:13  Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
Job Afr1953 39:14  Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
Job Afr1953 39:15  Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
Job Afr1953 39:16  Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
Job Afr1953 39:17  Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
Job Afr1953 39:18  en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
Job Afr1953 39:19  Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie.
Job Afr1953 39:20  Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
Job Afr1953 39:21  Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
Job Afr1953 39:22  Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
Job Afr1953 39:23  Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
Job Afr1953 39:24  Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
Job Afr1953 39:25  Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
Job Afr1953 39:26  Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
Job Afr1953 39:27  Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
Job Afr1953 39:28  By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
Job Afr1953 39:29  Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
Job Afr1953 39:30  Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. En die HERE het Job geantwoord en gesê: Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.