Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Job Afr1953 3:1  Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
Job Afr1953 3:3  Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.
Job Afr1953 3:4  Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
Job Afr1953 3:5  Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
Job Afr1953 3:6  Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
Job Afr1953 3:7  Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
Job Afr1953 3:8  Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.
Job Afr1953 3:9  Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.
Job Afr1953 3:10  Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
Job Afr1953 3:11  Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
Job Afr1953 3:12  Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
Job Afr1953 3:13  Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
Job Afr1953 3:14  saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
Job Afr1953 3:15  of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.
Job Afr1953 3:16  Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
Job Afr1953 3:17  Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
Job Afr1953 3:18  Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
Job Afr1953 3:19  Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
Job Afr1953 3:20  Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
Job Afr1953 3:21  wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
Job Afr1953 3:22  wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
Job Afr1953 3:23  Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
Job Afr1953 3:24  Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
Job Afr1953 3:25  As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
Job Afr1953 3:26  Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!