Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 15
Job Afr1953 15:1  Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
Job Afr1953 15:2  Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind —
Job Afr1953 15:3  deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
Job Afr1953 15:4  Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
Job Afr1953 15:5  Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
Job Afr1953 15:6  Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.
Job Afr1953 15:7  Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
Job Afr1953 15:8  Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
Job Afr1953 15:9  Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
Job Afr1953 15:10  Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.
Job Afr1953 15:11  Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek?
Job Afr1953 15:12  Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so —
Job Afr1953 15:13  dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
Job Afr1953 15:14  Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
Job Afr1953 15:15  Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
Job Afr1953 15:16  hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
Job Afr1953 15:17  Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;
Job Afr1953 15:18  wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;
Job Afr1953 15:19  aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
Job Afr1953 15:20  Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
Job Afr1953 15:21  Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
Job Afr1953 15:22  Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
Job Afr1953 15:23  Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.
Job Afr1953 15:24  Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,
Job Afr1953 15:25  omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
Job Afr1953 15:26  (hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);
Job Afr1953 15:27  omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,
Job Afr1953 15:28  en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
Job Afr1953 15:29  Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
Job Afr1953 15:30  Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
Job Afr1953 15:31  Laat hom nie vertrou op nietigheid nie — hy kom bedroë uit! — want nietigheid sal sy vergelding wees.
Job Afr1953 15:32  Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
Job Afr1953 15:33  Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom.
Job Afr1953 15:34  Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
Job Afr1953 15:35  Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.