Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 37
Job Afr1953 37:1  Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
Job Afr1953 37:2  Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.
Job Afr1953 37:3  Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.
Job Afr1953 37:4  Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.
Job Afr1953 37:5  God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.
Job Afr1953 37:6  Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.
Job Afr1953 37:7  Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.
Job Afr1953 37:8  Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.
Job Afr1953 37:9  Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
Job Afr1953 37:10  Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.
Job Afr1953 37:11  Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;
Job Afr1953 37:12  en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:
Job Afr1953 37:13  óf tot 'n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.
Job Afr1953 37:14  Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.
Job Afr1953 37:15  Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?
Job Afr1953 37:16  Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?
Job Afr1953 37:17  U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind —
Job Afr1953 37:18  kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?
Job Afr1953 37:19  Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.
Job Afr1953 37:20  Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?
Job Afr1953 37:21  En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.
Job Afr1953 37:22  Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.
Job Afr1953 37:23  Die Almagtige — ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
Job Afr1953 37:24  Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.