NUMBERS
Chapter 28
Numb | Afr1953 | 28:2 | Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring. | |
Numb | Afr1953 | 28:3 | En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer. | |
Numb | Afr1953 | 28:4 | Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei; | |
Numb | Afr1953 | 28:5 | met 'n tiende van 'n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie. | |
Numb | Afr1953 | 28:6 | Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. | |
Numb | Afr1953 | 28:7 | En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet. | |
Numb | Afr1953 | 28:8 | En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei — 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. | |
Numb | Afr1953 | 28:9 | Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort. | |
Numb | Afr1953 | 28:10 | Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | |
Numb | Afr1953 | 28:11 | En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; | |
Numb | Afr1953 | 28:12 | en drie-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram; | |
Numb | Afr1953 | 28:13 | en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is 'n brandoffer, 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. | |
Numb | Afr1953 | 28:14 | En hulle drankoffers moet wees 'n half-hin wyn vir 'n bul en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n kwart-hin vir 'n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar. | |
Numb | Afr1953 | 28:15 | Ook moet een bokram as sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | |
Numb | Afr1953 | 28:16 | En in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die HERE. | |
Numb | Afr1953 | 28:17 | En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word. | |
Numb | Afr1953 | 28:18 | Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. | |
Numb | Afr1953 | 28:19 | Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees. | |
Numb | Afr1953 | 28:20 | En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van 'n efa vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram moet julle berei. | |
Numb | Afr1953 | 28:23 | Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei. | |
Numb | Afr1953 | 28:24 | Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word — en die drankoffer wat daarby behoort. | |
Numb | Afr1953 | 28:25 | En op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. | |
Numb | Afr1953 | 28:26 | En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. | |
Numb | Afr1953 | 28:27 | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers; | |
Numb | Afr1953 | 28:28 | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram, | |