Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
NUMBERS
Prev Up Next
Chapter 31
Numb Afr1953 31:2  Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
Numb Afr1953 31:3  Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van die HERE aan Mídian te voltrek.
Numb Afr1953 31:4  duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.
Numb Afr1953 31:5  Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalf duisend wat vir die oorlog gewapen was.
Numb Afr1953 31:6  En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
Numb Afr1953 31:7  En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos die HERE Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.
Numb Afr1953 31:8  Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
Numb Afr1953 31:9  Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
Numb Afr1953 31:10  Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand
Numb Afr1953 31:11  en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.
Numb Afr1953 31:12  Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleásar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is.
Numb Afr1953 31:13  En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
Numb Afr1953 31:14  het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.
Numb Afr1953 31:15  En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?
Numb Afr1953 31:16  Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van Israel 'n oorsaak van troubreuk teenoor die HERE in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die HERE was.
Numb Afr1953 31:17  Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met 'n man gehad het.
Numb Afr1953 31:18  Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.
Numb Afr1953 31:19  En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n mens gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het — julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
Numb Afr1953 31:20  Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.
Numb Afr1953 31:21  En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die HERE Moses beveel het.
Numb Afr1953 31:22  Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —
Numb Afr1953 31:23  elke ding wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Numb Afr1953 31:24  Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
Numb Afr1953 31:26  Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;
Numb Afr1953 31:27  en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
Numb Afr1953 31:28  En hef 'n bydrae vir die HERE van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het — een uit elke vyf honderd — van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
Numb Afr1953 31:29  Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as 'n offergawe aan die HERE.
Numb Afr1953 31:30  Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem.
Numb Afr1953 31:31  En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Numb Afr1953 31:32  En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee;
Numb Afr1953 31:35  en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, al die siele was twee en dertig duisend.
Numb Afr1953 31:36  En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee.
Numb Afr1953 31:37  En die bydrae aan die HERE uit die kleinvee was ses honderd vyf en sewentig.
Numb Afr1953 31:38  En die beeste was ses en dertig duisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee en sewentig.
Numb Afr1953 31:39  En die esels was dertig duisend vyf honderd, en die bydrae daarvan aan die HERE een en sestig.
Numb Afr1953 31:40  En mensesiele was sestien duisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee en dertig siele.
Numb Afr1953 31:41  En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan die HERE bestem was, soos die HERE Moses beveel het.
Numb Afr1953 31:42  En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —
Numb Afr1953 31:43  die helfte van die vergadering uit die kleinvee was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd;
Numb Afr1953 31:47  uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem — van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere — en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem, soos die HERE Moses beveel het.
Numb Afr1953 31:48  Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses
Numb Afr1953 31:49  en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.
Numb Afr1953 31:50  Daarom bring elkeen van ons as offer aan die HERE wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die HERE.
Numb Afr1953 31:51  Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.
Numb Afr1953 31:52  En al die goud van die offergawe wat hulle aan die HERE afgegee het, was sestien duisend sewe honderd en vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
Numb Afr1953 31:53  Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.
Numb Afr1953 31:54  So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.