Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
NUMBERS
Prev Up Next
Chapter 33
Numb Afr1953 33:1  Dit is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder leiding van Moses en Aäron.
Numb Afr1953 33:2  Volgens die bevel van die HERE het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
Numb Afr1953 33:3  Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur 'n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,
Numb Afr1953 33:4  terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die HERE aan hulle gode strafgerigte voltrek.
Numb Afr1953 33:5  Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.
Numb Afr1953 33:6  En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die woestyn lê.
Numb Afr1953 33:7  En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor Migdol.
Numb Afr1953 33:8  En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.
Numb Afr1953 33:9  En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.
Numb Afr1953 33:10  En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.
Numb Afr1953 33:11  En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin.
Numb Afr1953 33:12  En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.
Numb Afr1953 33:13  En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.
Numb Afr1953 33:14  En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan in Ráfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
Numb Afr1953 33:15  En hulle het van Ráfidim af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sinai.
Numb Afr1953 33:16  En hulle het uit die woestyn Sinai opgebreek en laer opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa.
Numb Afr1953 33:17  En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek en laer opgeslaan in Háserot.
Numb Afr1953 33:18  En hulle het van Háserot af opgebreek en laer opgeslaan in Ritma.
Numb Afr1953 33:19  En hulle het van Ritma af opgebreek en laer opgeslaan in Rimmon-Peres.
Numb Afr1953 33:20  En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en laer opgeslaan in Libna.
Numb Afr1953 33:21  En hulle het van Libna af opgebreek en laer opgeslaan in Rissa.
Numb Afr1953 33:22  En hulle het van Rissa af opgebreek en laer opgeslaan in Keheláta.
Numb Afr1953 33:23  En hulle het van Keheláta af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Sefer.
Numb Afr1953 33:24  En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en laer opgeslaan in Hárada.
Numb Afr1953 33:25  En hulle het van Hárada af opgebreek en laer opgeslaan in Mákhelot.
Numb Afr1953 33:26  En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer opgeslaan in Tahat.
Numb Afr1953 33:27  En hulle het van Tahat af opgebreek en laer opgeslaan in Terag.
Numb Afr1953 33:28  En hulle het van Terag af opgebreek en laer opgeslaan in Mitka.
Numb Afr1953 33:29  En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna.
Numb Afr1953 33:30  En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan in Móserot.
Numb Afr1953 33:31  En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Béne-Jáäkan.
Numb Afr1953 33:32  En hulle het van Béne-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan in Hor-Hággidgad.
Numb Afr1953 33:33  En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta.
Numb Afr1953 33:34  En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna.
Numb Afr1953 33:35  En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan in Éseon-Geber.
Numb Afr1953 33:36  En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin, dit is Kades.
Numb Afr1953 33:37  En hulle het van Kades af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.
Numb Afr1953 33:38  Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die HERE op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
Numb Afr1953 33:39  En Aäron was honderd drie en twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
Numb Afr1953 33:40  En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.
Numb Afr1953 33:41  En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona.
Numb Afr1953 33:42  En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon.
Numb Afr1953 33:43  En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot.
Numb Afr1953 33:44  En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.
Numb Afr1953 33:45  En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibon-Gad.
Numb Afr1953 33:46  En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim.
Numb Afr1953 33:47  En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo.
Numb Afr1953 33:48  En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.
Numb Afr1953 33:49  En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab.
Numb Afr1953 33:50  En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
Numb Afr1953 33:51  Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek,
Numb Afr1953 33:52  moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes.
Numb Afr1953 33:53  En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit.
Numb Afr1953 33:54  En julle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe.
Numb Afr1953 33:55  Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.
Numb Afr1953 33:56  En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.