Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOHN
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
John Afr1953 3:1  En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode.
John Afr1953 3:2  Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
John Afr1953 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
John Afr1953 3:4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
John Afr1953 3:5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
John Afr1953 3:6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
John Afr1953 3:7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
John Afr1953 3:8  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
John Afr1953 3:9  Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
John Afr1953 3:10  Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
John Afr1953 3:11  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
John Afr1953 3:12  As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
John Afr1953 3:13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
John Afr1953 3:14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
John Afr1953 3:15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
John Afr1953 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
John Afr1953 3:17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
John Afr1953 3:18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
John Afr1953 3:19  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
John Afr1953 3:20  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
John Afr1953 3:21  Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
John Afr1953 3:22  Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.
John Afr1953 3:23  En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
John Afr1953 3:24  Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
John Afr1953 3:25  Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.
John Afr1953 3:26  En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
John Afr1953 3:27  Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
John Afr1953 3:28  Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.
John Afr1953 3:29  Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
John Afr1953 3:31  Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
John Afr1953 3:32  En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.
John Afr1953 3:33  Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
John Afr1953 3:34  Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
John Afr1953 3:35  Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
John Afr1953 3:36  Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.