Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
MARK
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Mark Afr1953 3:1  En Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was 'n man met 'n verdorde hand.
Mark Afr1953 3:2  En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.
Mark Afr1953 3:3  En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.
Mark Afr1953 3:4  Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
Mark Afr1953 3:5  En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
Mark Afr1953 3:6  Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
Mark Afr1953 3:7  En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa
Mark Afr1953 3:8  en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.
Mark Afr1953 3:9  En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.
Mark Afr1953 3:10  Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.
Mark Afr1953 3:11  En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!
Mark Afr1953 3:12  En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.
Mark Afr1953 3:13  En Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.
Mark Afr1953 3:14  En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek
Mark Afr1953 3:15  en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.
Mark Afr1953 3:17  en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus — aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder —
Mark Afr1953 3:18  en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,
Mark Afr1953 3:20  En hulle het in 'n huis gegaan, en 'n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.
Mark Afr1953 3:21  Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.
Mark Afr1953 3:22  En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
Mark Afr1953 3:23  En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
Mark Afr1953 3:24  En as 'n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
Mark Afr1953 3:25  en as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;
Mark Afr1953 3:26  en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot 'n einde.
Mark Afr1953 3:27  Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.
Mark Afr1953 3:28  Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
Mark Afr1953 3:29  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel —
Mark Afr1953 3:31  Sy broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.
Mark Afr1953 3:32  En 'n skare het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite.
Mark Afr1953 3:33  En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers?
Mark Afr1953 3:34  En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!
Mark Afr1953 3:35  Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.