MARK
Chapter 1
Mark | Afr1953 | 1:2 | Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak — | |
Mark | Afr1953 | 1:3 | die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! | |
Mark | Afr1953 | 1:4 | Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. | |
Mark | Afr1953 | 1:5 | En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes. | |
Mark | Afr1953 | 1:6 | En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet. | |
Mark | Afr1953 | 1:7 | En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. | |
Mark | Afr1953 | 1:9 | En in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. | |
Mark | Afr1953 | 1:10 | En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. | |
Mark | Afr1953 | 1:11 | En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. | |
Mark | Afr1953 | 1:13 | En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien. | |
Mark | Afr1953 | 1:14 | En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig | |
Mark | Afr1953 | 1:15 | en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. | |
Mark | Afr1953 | 1:16 | En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. | |
Mark | Afr1953 | 1:17 | En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word. | |
Mark | Afr1953 | 1:19 | En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak. | |
Mark | Afr1953 | 1:20 | En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg. | |
Mark | Afr1953 | 1:21 | En hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. | |
Mark | Afr1953 | 1:22 | En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie. | |
Mark | Afr1953 | 1:24 | en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! | |
Mark | Afr1953 | 1:26 | En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan. | |
Mark | Afr1953 | 1:27 | En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is? | |
Mark | Afr1953 | 1:29 | En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andréas. | |
Mark | Afr1953 | 1:30 | En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê. | |
Mark | Afr1953 | 1:31 | Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien. | |
Mark | Afr1953 | 1:32 | En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was. | |
Mark | Afr1953 | 1:34 | En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het. | |
Mark | Afr1953 | 1:35 | En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid. | |
Mark | Afr1953 | 1:38 | En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan. | |
Mark | Afr1953 | 1:39 | En Hy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf. | |
Mark | Afr1953 | 1:40 | En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig. | |
Mark | Afr1953 | 1:41 | En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig! | |
Mark | Afr1953 | 1:44 | en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle. | |