MARK
Chapter 4
Mark | Afr1953 | 4:1 | En Hy het nog 'n maal by die see begin leer; en 'n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see. | |
Mark | Afr1953 | 4:4 | En terwyl hy saai, het 'n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet. | |
Mark | Afr1953 | 4:5 | En 'n ander deel het op 'n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie. | |
Mark | Afr1953 | 4:6 | En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. | |
Mark | Afr1953 | 4:7 | En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie. | |
Mark | Afr1953 | 4:8 | En 'n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig. | |
Mark | Afr1953 | 4:10 | En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra. | |
Mark | Afr1953 | 4:11 | En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, | |
Mark | Afr1953 | 4:12 | sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie. | |
Mark | Afr1953 | 4:13 | En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan? | |
Mark | Afr1953 | 4:15 | En dit is hulle wat langs die pad is — waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is. | |
Mark | Afr1953 | 4:16 | Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word — wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem, | |
Mark | Afr1953 | 4:17 | maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik. | |
Mark | Afr1953 | 4:19 | en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar. | |
Mark | Afr1953 | 4:20 | En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is — hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig. | |
Mark | Afr1953 | 4:21 | En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie? | |
Mark | Afr1953 | 4:22 | Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom. | |
Mark | Afr1953 | 4:24 | En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor. | |
Mark | Afr1953 | 4:25 | Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. | |
Mark | Afr1953 | 4:26 | En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer 'n mens die saad in die grond gooi; | |
Mark | Afr1953 | 4:27 | en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot — hoe, weet hy self nie. | |
Mark | Afr1953 | 4:28 | Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar. | |
Mark | Afr1953 | 4:29 | En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is. | |
Mark | Afr1953 | 4:30 | En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel? | |
Mark | Afr1953 | 4:31 | Dit is soos 'n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is; | |
Mark | Afr1953 | 4:32 | en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak. | |
Mark | Afr1953 | 4:33 | En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan; | |
Mark | Afr1953 | 4:34 | en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê. | |
Mark | Afr1953 | 4:35 | En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant. | |
Mark | Afr1953 | 4:36 | En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. | |
Mark | Afr1953 | 4:37 | En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. | |
Mark | Afr1953 | 4:38 | Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie? | |
Mark | Afr1953 | 4:39 | En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom. | |