Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOHN
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 10
John Afr1953 10:1  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.
John Afr1953 10:2  Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.
John Afr1953 10:3  Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
John Afr1953 10:4  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
John Afr1953 10:5  Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
John Afr1953 10:6  Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
John Afr1953 10:7  Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
John Afr1953 10:8  Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
John Afr1953 10:9  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
John Afr1953 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
John Afr1953 10:11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
John Afr1953 10:12  Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
John Afr1953 10:13  En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
John Afr1953 10:14  Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
John Afr1953 10:15  Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
John Afr1953 10:16  Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
John Afr1953 10:17  Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
John Afr1953 10:18  Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
John Afr1953 10:19  Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
John Afr1953 10:20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?
John Afr1953 10:21  Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.
John Afr1953 10:22  En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
John Afr1953 10:23  En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
John Afr1953 10:24  En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
John Afr1953 10:25  Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
John Afr1953 10:26  Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
John Afr1953 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
John Afr1953 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
John Afr1953 10:29  My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
John Afr1953 10:31  Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.
John Afr1953 10:32  Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?
John Afr1953 10:33  Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak.
John Afr1953 10:34  Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?
John Afr1953 10:35  As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,
John Afr1953 10:36  sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik — omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?
John Afr1953 10:37  As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;
John Afr1953 10:38  maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.
John Afr1953 10:39  Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.
John Afr1953 10:40  En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.
John Afr1953 10:41  En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.