Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOB
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 26
Job Afr1953 26:2  Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
Job Afr1953 26:3  Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
Job Afr1953 26:4  Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
Job Afr1953 26:5  Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
Job Afr1953 26:6  Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie —
Job Afr1953 26:7  voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
Job Afr1953 26:8  wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
Job Afr1953 26:9  wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
Job Afr1953 26:10  Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
Job Afr1953 26:11  Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
Job Afr1953 26:12  Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
Job Afr1953 26:13  Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
Job Afr1953 26:14  Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?