GENESIS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
Chapter 36
Gene | Afr1953 | 36:2 | Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet; | |
Gene | Afr1953 | 36:5 | En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän. | |
Gene | Afr1953 | 36:6 | Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, wég van sy broer Jakob af; | |
Gene | Afr1953 | 36:7 | want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. | |
Gene | Afr1953 | 36:9 | Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr. | |
Gene | Afr1953 | 36:10 | Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau. | |
Gene | Afr1953 | 36:12 | En Timna was 'n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau. | |
Gene | Afr1953 | 36:13 | En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau. | |
Gene | Afr1953 | 36:14 | En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau — sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag. | |
Gene | Afr1953 | 36:15 | Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas, | |
Gene | Afr1953 | 36:16 | die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada. | |
Gene | Afr1953 | 36:17 | En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau. | |
Gene | Afr1953 | 36:18 | En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau. | |
Gene | Afr1953 | 36:20 | Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana | |
Gene | Afr1953 | 36:21 | en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom. | |
Gene | Afr1953 | 36:24 | En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het. | |
Gene | Afr1953 | 36:29 | Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana, | |
Gene | Afr1953 | 36:30 | die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr. | |
Gene | Afr1953 | 36:31 | En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel: | |
Gene | Afr1953 | 36:32 | Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába. | |
Gene | Afr1953 | 36:33 | En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer. | |
Gene | Afr1953 | 36:34 | En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer. | |
Gene | Afr1953 | 36:35 | En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mídianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit. | |
Gene | Afr1953 | 36:37 | En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer. | |
Gene | Afr1953 | 36:39 | En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab. | |
Gene | Afr1953 | 36:40 | Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet. | |