Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LUKE
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 20
Luke Afr1953 20:1  En op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,
Luke Afr1953 20:2  en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?
Luke Afr1953 20:3  En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra — sê vir My:
Luke Afr1953 20:4  die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?
Luke Afr1953 20:5  Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
Luke Afr1953 20:6  En as ons sê: Uit mense sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.
Luke Afr1953 20:7  Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.
Luke Afr1953 20:8  En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
Luke Afr1953 20:9  Toe begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir 'n geruime tyd op reis gegaan.
Luke Afr1953 20:10  En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.
Luke Afr1953 20:11  En hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.
Luke Afr1953 20:12  En hy het weer 'n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.
Luke Afr1953 20:13  Toe sê die eienaar van die wingerd: Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.
Luke Afr1953 20:14  Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s'n kan wees.
Luke Afr1953 20:15  En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?
Luke Afr1953 20:16  Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!
Luke Afr1953 20:17  Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
Luke Afr1953 20:18  Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
Luke Afr1953 20:19  Toe probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.
Luke Afr1953 20:20  En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op 'n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.
Luke Afr1953 20:21  En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer —
Luke Afr1953 20:22  is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
Luke Afr1953 20:23  Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?
Luke Afr1953 20:24  Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n.
Luke Afr1953 20:25  Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
Luke Afr1953 20:26  En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.
Luke Afr1953 20:27  En sommige van die Sadduseërs het gekom — hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is — en Hom gevra
Luke Afr1953 20:28  en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.
Luke Afr1953 20:29  Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en kinderloos gesterwe.
Luke Afr1953 20:30  En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.
Luke Afr1953 20:31  En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.
Luke Afr1953 20:33  In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? want al sewe het haar as vrou gehad.
Luke Afr1953 20:34  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
Luke Afr1953 20:35  maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
Luke Afr1953 20:36  Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.
Luke Afr1953 20:37  En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.
Luke Afr1953 20:38  Hy is tog nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.
Luke Afr1953 20:39  En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.
Luke Afr1953 20:41  Toe sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?
Luke Afr1953 20:42  En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand
Luke Afr1953 20:43  totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
Luke Afr1953 20:45  En terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:
Luke Afr1953 20:46  Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.
Luke Afr1953 20:47  Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.