Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 9
Prov Afr1953 9:1  Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
Prov Afr1953 9:2  haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
Prov Afr1953 9:3  Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
Prov Afr1953 9:4  Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
Prov Afr1953 9:5  Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
Prov Afr1953 9:6  laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
Prov Afr1953 9:7  Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
Prov Afr1953 9:8  Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
Prov Afr1953 9:9  Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
Prov Afr1953 9:10  Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
Prov Afr1953 9:11  Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
Prov Afr1953 9:12  As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
Prov Afr1953 9:13  Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
Prov Afr1953 9:14  en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
Prov Afr1953 9:15  om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
Prov Afr1953 9:16  Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
Prov Afr1953 9:17  Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
Prov Afr1953 9:18  Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.