Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 17
Prov Afr1953 17:1  Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.
Prov Afr1953 17:2  'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
Prov Afr1953 17:3  Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.
Prov Afr1953 17:4  Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.
Prov Afr1953 17:5  Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
Prov Afr1953 17:6  Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
Prov Afr1953 17:7  Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
Prov Afr1953 17:8  Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
Prov Afr1953 17:9  Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
Prov Afr1953 17:10  'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.
Prov Afr1953 17:11  Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.
Prov Afr1953 17:12  Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.
Prov Afr1953 17:13  Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
Prov Afr1953 17:14  Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
Prov Afr1953 17:15  Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
Prov Afr1953 17:16  Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?
Prov Afr1953 17:17  Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.
Prov Afr1953 17:18  Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
Prov Afr1953 17:19  Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.
Prov Afr1953 17:20  Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.
Prov Afr1953 17:21  Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.
Prov Afr1953 17:22  'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
Prov Afr1953 17:23  Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.
Prov Afr1953 17:24  Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
Prov Afr1953 17:25  'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.
Prov Afr1953 17:26  Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie — om edeles te slaan is onbetaamlik.
Prov Afr1953 17:27  Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
Prov Afr1953 17:28  Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.