PROVERBS
Chapter 14
Prov | Afr1953 | 14:1 | Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af. | |
Prov | Afr1953 | 14:2 | Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom. | |
Prov | Afr1953 | 14:3 | In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle. | |
Prov | Afr1953 | 14:4 | Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie. | |
Prov | Afr1953 | 14:6 | Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik. | |
Prov | Afr1953 | 14:7 | Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie. | |
Prov | Afr1953 | 14:8 | Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog. | |
Prov | Afr1953 | 14:9 | Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid. | |
Prov | Afr1953 | 14:12 | Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. | |
Prov | Afr1953 | 14:13 | Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis. | |
Prov | Afr1953 | 14:14 | Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne. | |
Prov | Afr1953 | 14:16 | Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue. | |
Prov | Afr1953 | 14:18 | Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon. | |
Prov | Afr1953 | 14:19 | Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige. | |
Prov | Afr1953 | 14:20 | Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk. | |
Prov | Afr1953 | 14:21 | Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig. | |
Prov | Afr1953 | 14:22 | Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk. | |
Prov | Afr1953 | 14:26 | In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees. | |
Prov | Afr1953 | 14:27 | Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk. | |
Prov | Afr1953 | 14:28 | In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors. | |
Prov | Afr1953 | 14:30 | 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente. | |
Prov | Afr1953 | 14:31 | Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom. | |
Prov | Afr1953 | 14:32 | In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood. | |
Prov | Afr1953 | 14:33 | Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase. | |