PROVERBS
Chapter 18
Prov | Afr1953 | 18:1 | Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek. | |
Prov | Afr1953 | 18:2 | Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word. | |
Prov | Afr1953 | 18:4 | Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid. | |
Prov | Afr1953 | 18:5 | Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie. | |
Prov | Afr1953 | 18:8 | Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. | |
Prov | Afr1953 | 18:10 | Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. | |
Prov | Afr1953 | 18:12 | Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf. | |
Prov | Afr1953 | 18:13 | Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees. | |
Prov | Afr1953 | 18:14 | Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees — wie kan dit opbeur? | |
Prov | Afr1953 | 18:16 | Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. | |
Prov | Afr1953 | 18:17 | Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë. | |
Prov | Afr1953 | 18:19 | 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis. | |
Prov | Afr1953 | 18:20 | Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe. | |
Prov | Afr1953 | 18:21 | Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. | |
Prov | Afr1953 | 18:22 | Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry. | |