PROVERBS
Chapter 24
Prov | Afr1953 | 24:1 | Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie. | |
Prov | Afr1953 | 24:6 | Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers. | |
Prov | Afr1953 | 24:11 | Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug! | |
Prov | Afr1953 | 24:12 | As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! — sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk. | |
Prov | Afr1953 | 24:13 | Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte. | |
Prov | Afr1953 | 24:14 | Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie. | |
Prov | Afr1953 | 24:15 | Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie. | |
Prov | Afr1953 | 24:16 | Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk. | |
Prov | Afr1953 | 24:17 | As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, | |
Prov | Afr1953 | 24:18 | dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie. | |
Prov | Afr1953 | 24:19 | Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie. | |
Prov | Afr1953 | 24:22 | Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit? | |
Prov | Afr1953 | 24:23 | Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd. | |
Prov | Afr1953 | 24:24 | Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! — die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens. | |
Prov | Afr1953 | 24:25 | Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed. | |
Prov | Afr1953 | 24:27 | Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou. | |
Prov | Afr1953 | 24:28 | Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei? | |
Prov | Afr1953 | 24:29 | Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen — ek sal die man vergelde na sy werk. | |
Prov | Afr1953 | 24:30 | Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens, | |
Prov | Afr1953 | 24:31 | en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi. | |
Prov | Afr1953 | 24:33 | Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus; | |