Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 29
Prov Afr1953 29:1  'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.
Prov Afr1953 29:2  As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.
Prov Afr1953 29:3  'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
Prov Afr1953 29:4  'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.
Prov Afr1953 29:5  'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.
Prov Afr1953 29:6  In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
Prov Afr1953 29:7  Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
Prov Afr1953 29:8  Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
Prov Afr1953 29:9  Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
Prov Afr1953 29:10  Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.
Prov Afr1953 29:11  'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.
Prov Afr1953 29:12  'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
Prov Afr1953 29:13  Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë.
Prov Afr1953 29:14  'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.
Prov Afr1953 29:15  Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
Prov Afr1953 29:16  As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.
Prov Afr1953 29:17  Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.
Prov Afr1953 29:18  As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
Prov Afr1953 29:19  Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.
Prov Afr1953 29:20  Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
Prov Afr1953 29:21  As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.
Prov Afr1953 29:22  'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
Prov Afr1953 29:23  Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
Prov Afr1953 29:24  Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
Prov Afr1953 29:25  Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.
Prov Afr1953 29:26  Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.
Prov Afr1953 29:27  'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.