PROVERBS
Chapter 25
Prov | Afr1953 | 25:1 | Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het. | |
Prov | Afr1953 | 25:2 | Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur. | |
Prov | Afr1953 | 25:3 | Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik. | |
Prov | Afr1953 | 25:4 | Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom; | |
Prov | Afr1953 | 25:5 | verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word. | |
Prov | Afr1953 | 25:7 | Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! — as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het. | |
Prov | Afr1953 | 25:8 | Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek? | |
Prov | Afr1953 | 25:13 | Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer. | |
Prov | Afr1953 | 25:14 | 'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie. | |
Prov | Afr1953 | 25:15 | Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente. | |
Prov | Afr1953 | 25:16 | Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie. | |
Prov | Afr1953 | 25:17 | Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie. | |
Prov | Afr1953 | 25:18 | 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree. | |
Prov | Afr1953 | 25:19 | 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid. | |
Prov | Afr1953 | 25:20 | Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom. | |
Prov | Afr1953 | 25:21 | As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. | |
Prov | Afr1953 | 25:23 | Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte. | |
Prov | Afr1953 | 25:24 | Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis. | |
Prov | Afr1953 | 25:26 | 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose. | |
Prov | Afr1953 | 25:27 | Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer. | |